Leerlingparamedikus skop en slaan glo hond dood

'n Skermskoot uit die video wat aan die DBV verskaf is. Foto: DBV

‘n Skermskoot uit die video wat aan die DBV verskaf is. Foto: DBV

ʼn Leerlingparamedikus het in die Roodepoort-landdroshof skuld erken op aanklagte van dieremishandeling nadat hy glo sy hond doodgeskop en -geslaan het.

Volgens die Roodepoort Dierebeskermingsvereniging (DBV) is Christopher Ritchie tot drie maande tronkstraf of ʼn boete van R1 000 gevonnis. Die vonnis is vir vyf jaar opgeskort. Die hof het ook bevind dat Ritchie nie honde mag aanhou nie. Volgens die DBV is daar ʼn video aan hulle gestuur wat wys hoe Ritchie sy hond doodskop en -slaan. Die DBV het ʼn lasbrief bekom en ʼn ander hond van Ritchie se eiendom verwyder en aanklagte van dieremishandeling teen hom aanhangig gemaak.

Dit blyk intussen dat Ritchie verbonde was aan Netcare911. Craig Grindell, hoofbedryfsbeampte van Netcare911, het die voorval ten sterkste veroordeel. “Die aanval, wat glo tot die dood van ʼn weerlose dier gelei het, is heeltemal teen ons maatskappy se waardes van omgee, waarheid, menswaardigheid, passie en deelname en die gedragskode wat ons as lede van die publiek wat omgee voor staan. Dit is ook nie ʼn weerspieëling van ander Netcare911 paramedici wat op ʼn daaglikse basis lewens red nie. Ons het pas eers van die aanval te wete gekom en hersien dit as ʼn saak van dringendheid. Ons sal die toepaslike interne aksie neem,” sê Grindell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

hendrina ·

N dier verdien dit ni hkm hou n persoon in di eerste plek n dier aan as hy ni mag ni nou is dit 3 maande tronk toe of 1000 boete hoop hy word geskors wa hy werk as hy dit aan n dier kan doen kan hy dit aan n mens ok doen sies skaam jy jo ni

veronica hefer ·

ASB ASB!!! Ek pleit vir swaarder strawwe teen dieremishandeling!!!!! Daardie oortreder moet of Tronkstraf van minimum 1jaar kry of Boete van Minimum R10,000!! Hulle LAG vir die huidige vonisse!!! My rede: As hy nie respek het vir ‘n weerlose dier se lewe het nie, hoe sal hy nou omgee vir n mens??? Verwyder hom sommer uit die sameleweing: PERMANENT!!!!!

Lerone ·

Ek wonder hoe hy sal voel as iemand hom so skop en slaan. Seker lede van die mensdom is walglik in hul optrede!

magda ·

So n vark……hy verdien nie om n paramedikus te wees nie….dink net wat sal hy aan n mens doen as jy in n ongeluk of iets is…..sluit hom toe vir 10 jaar met 100 honde in sy hok…..hy moet hulle versorg, die hok skoon hou en saam hulle die vloer kombers deel….

pop ·

Wat n walglike daad!!!!Ongelukkig is daar geen geregtigheid vir diere nie. Hopenlik sal die wiel draai en sal n veel erger en uitgerekte lot oor hom kom> sies jou monster!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.