ʼn Leeu het die voormalige Griekwas-rugbyspeler, Brett Tucker, se pa Saterdag by ʼn leeupark naby Krugersdorp op die skouer gebyt, het The Star Maandag berig.
Die familie het glo deur die leeupark gery toe ʼn leeu sy poot deur ʼn motorruit, wat gedeeltelik oop was, gedruk het. Toe Tucker se pa per ongeluk die elektriese venster verder oopmaak in plaas daarvan om dit toe te maak, het die leeu glo sy kop in die motor gedruk en hom op die skouer gebyt.
Hy is na ʼn hospitaal geneem.
Volgens The Star het die familie aangedui dat hulle nie kommentaar wil lewer nie en dat hulle regshulp gaan inwin.
-SAPA
Wat se regshulp,wil die persoon inwin,wat deur die leeu gebyt is,as sy voertuig se venster nie toe gedraai gewees het,sodat die leeu sy klou daar in kon kry!!! Daaar is geen mens op die aarde wat by hulle volle vestand is,wat nie weet dat wanneer jy leeus gaan besoek,uit nuuskierigheid,omdat jy weet,wie en wat n leeu is,omdat jy gehoor of gelees het daarvan,nie paraat genoeg is omte weet,dat dit n gevaarlikke roofdier is,en jou self nie moet aanbied as n maklikke prooi,om met half oop venster in voertuig te ry!
Die mensdom leer nie,hoor nie!
Jou ruit was nie toe nie, jy draai hom per abuis verder af en n leeu byt jou. Wat het jy verwag om daar te kry, n bederfde brakkie wat jou agterend wil lek. Kom by mnr. Tucker.
Kan mens regshulp vir domheid kry? Jy word gewaarsku dat jy moet vensters toehou: inteendeel dit is plein ‘common sence’….
Leeu loop vry rond. Man vang leeu. Man sit leeu in park. Man loer vir leeu vanuit 6 mm glaskas. Leeu sien geleentheid. Man skrik. Leeu byt man. Sirkel voltooi.
Hoe dom kan mens dan wees
Waste regshulp? Nou is daar kans dat ‘n leeu dalk uitgesit word omdat Tucker onnosel is deur nie sy vensters toe te hou as hy by gevaarlike diere inry nie. Jy is belaglik Tucker!!!!!!! Gaan jy regshulp inwin as ‘n by jou ook steek?