Leeu op vrye voet in KZN

ʼn Leeu is op vrye voet nadat hy Dinsdag naby Ulundi in KwaZulu-Natal ontsnap het, het Ezemvelo Wildlife gesê.

“ʼn Lid van die publiek het laat weet dat hy omstreeks 01:00 ʼn leeu tussen Intibane Lodge en Ophathe Wildreservaat langs die King Dinuzulu-snelweg in Ulundi gewaar het,” het woordvoerder Musa Mntambo gesê. Ezemvelo Wildlife bewaringsbeampte Jabulani Biyela het die gebied besoek en bevestig dat hulle spore van die leeu gesien het. Mntambo sê dit is nie in hierdie stadium duidelik van waar die leeu ontsnap het nie. “Ons personeel volg die spore, en ons raai mense aan om ons dadelik in kennis te stel indien hulle die leeu gewaar.” -SAPA

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.