Leeus byt leeuwyfie in dieretuin dood

Die vyfjarige Johari wat deur twee leeumannetjies doodgebyt is

Die vyfjarige Johari wat deur twee leeumannetjies doodgebyt is

ʼn Leeuwyfie by Dallas-dieretuin in Amerika is dood nadat ʼn leeumannetjie haar Sondag voor toeriste aangeval het.

Een van die twee leeumannetjies, Kamaia en Dinari, het die leeuwyfie, Johari (5), in haar nek gebyt. Dit is nie bekend watter een van die mannetjies haar doodgebyt het nie.

Lynn Kramer, adjunkpresident van dierebedrywighede en -welstand by die dieretuin, het aan MyFoxDFW gesê hy het nog nooit só ʼn aanval teëgekom nie. “Ons weet regtig nie wat daartoe gelei het nie,” het Kramer gesê. “Ek het nog nooit gesien dat een kat ʼn ander een doodmaak nie.”

Beamptes van die dieretuin het gesê die vyf leeus in die hok, insluitend drie wyfies, is nie verwant aan mekaar nie, maar bly al die afgelope drie jaar lank saam as ʼn familie. Talle besoekers wat die aanval sien gebeur het, het aanvanklik gedink die leeus speel met mekaar.

Dylan Parker, een van die getuies, het aan die stasie gesê die aanval het ongeveer 10 minute lank geduur.

Die leeus is Sondag in afsonderlike hokke geplaas. Laurie Holloway, woordvoerder van die dieretuin, het gesê daar is nie dadelik planne om die mannetjies weer saam met die wyfies in een hok te plaas nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.