Leeus steeds onoorwonne in Curriebeker-reeks

Die Goue Leeus is steeds onoorwonne in vanjaar se Curriebeker-reeks nadat hy die Vrystaat Cheetahs met 17-10 geklop het op Coca Cola-park in Johannesburg.

Die Leeus het rustyd met 8-3 voorgeloop. Die Leeus pak aanstaande naweek die WP op Nuweland. Die Cheetahs kom teen die Pumas te staan. Die Haaie het die WP met 21-19 geklop in hulle Curriebeker-wedstryd Vrydag in Kaapstad. Die Haaie het rustyd met 9-3 voorgeloop. Die Bulls het ʼn naelbyt 16-12 oorwinning behaal oor die Pumas Vrydag in Nelspruit. Die Bulls het rustyd met 10-0 voorgeloop. Die Griekwas het sy derde Curriebeker-oorwinning behaal toe hy die Luiperds Vrydag in Kimberley met 32-18 geklop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.