Leeus T-20-kampioene

Foto: lionscricket.co.za

Die Leeus is vanjaar se T20-kampioene na hulle hul bure, die Titane, op die Wanderers met 30 lopies geklop het.

Die Leeus het in hul 20 boulbeurte ‘n goeie 155 lopies aangeteken, veral danksy ‘n skitterbeurt van 44 lopies van net 31 balle deur die jong Protea, Quinten de Kock. De Kock het drie sesse en drie viere geslaan. Die veteraan Neil McKenzie het ook ‘n stewige 39 lopies bygedra.

Vir die Titane het die veteraan Herchelle Gibbs die hoogste telling van 22 lopies aangeteken, terwyl David Wiese 21 lopies bygedra het.

Die Titane het moedig probeer, maar met reëlmaat paaltjies verloor en is uiteindelik uitgeboender met nog amper twee boulbeurte oor.

‘n Interessantheid van die Leeus se spanpoging is dat al vyf boulers wat ingespan is, 2 paaltjies kon plattrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.