ʼn 28-jarige toeris van Singapoer moes ongeveer sestig steke kry nadat ʼn leeuwelpie haar in die gesig gebyt het.
Volgens Beeld het die dier ʼn hoofslagaar in haar nek net-net misgebyt. Madelein Querk en haar man was deel van ʼn toergroep wat Saterdag die Tshukudu Game Lodge naby Hoedspruit besoek het.
Querk het by die 12-maande-oue welpie vir ʼn foto gestaan toe dit na haar gehap het. Sy het vier snywonde aan die linkerkant van haar gesig opgedoen, wat tussen 4 en 8cm diep was. Daar was ook wonde aan haar linkerarm en been waar die welpie teen haar vasgetrap het.
ʼn Trustee en hoofbestuurder van Tshukudu, Eric Gander, het gesê hulle sal ʼn besluit oor die leeuwelpie se toekoms neem sodra ʼn ondersoek oor die voorval afgehandel is.
Lees hier vir nog inligting.
Ek weet nie presies wat hier gebeur het of hoe die situasie hanteer is nie, maar dit klink vir my na ‘n NOG ‘n voorbeeld van dinge wat (redelik voorspelbaar) (kan) skeefloop wanneer mense dink wilde diere is teddiebere – die toeris wat deur ‘n jagluiperd geskraap is by Port Elizabeth is nog ‘n voorbeeld. Dit gaan nie oor die beheer van die diere nie, maar van die mense!