Leeuwyfie los in KZN

Argieffoto

Mense in die Empangeni-omgewing in KwaZulu-Natal is gewaarsku om bedag te wees op ʼn rondloper leeuwyfie.

Musa Mntambo, ʼn woordvoerder van Ezemvelo Wildlife, het Vrydag gesê ʼn vrou wat op die plaas Tambothi in Heatonville werk, het Maandag ʼn noue ontkoming met die leeu gehad. “Gelukkig is die vrou nie tydens die voorval beseer nie, en die leeu het weggehardloop,” het Mntambo gesê.

“Personeellede van Ezemvelo was in die gebied en kan bevestig dat ʼn leeuspoor opgemerk is. Die leeuwyfie is Donderdag in die Sangoyana-omgewing gesien,” het Mntambo bygevoeg.

Ezemvelo sal probeer om haar aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.