
Ranesh Rajkaran by die Leeupark naby Lanseria-lughawe. Die foto is deur Rajkaran se vrou op Facebook geplaas.
ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê die man, wat intussen geidentifiseer is as Ranesh Rajkaran, en sy vrou, Somashnie, het hulle tweede huweliksherdenking met ʼn uitstappie na die Leeupark gevier. Rajkaran het glo naby ʼn trop leeus stilgehou toe ʼn leeuwyfie haar poot deur die paartjie se motorvenster, wat ʼn entjie oop was, gedruk het. Visser sê Rajkaran het skraapwonde aan sy arm opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Rajkaran se swanger vrou is nie beseer nie.