Legendariese oud-Springbokfietsryer sterf na beroerte

Ertjies Bezuidenhout. Foto: Rika Joubert/Cyclenation.co.za

Die legendariese oud-Springbokfietsryer, Ertjies Bezuidenhout, is Woensdagoggend oorlede.

Bezuidenhout (56) het Sondag ʼn beroerte gekry kort nadat hy aan wedren oor 103km delegeneem het in Brakpan aan die Oos-Rand. Dit was Bezuidenhout se eerste wedren in 22 jaar. “Ertjies was een van ons bekendste fietsryers en ʼn bate vir die sport,” het die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Olimpiese komitee (Sascoc), Tubby Reddy, gesê. “Daar is geen twyfel dat die gewildheid van die sport te doen het met mense wat aan die sport voorgestel is deur middel van sy prestasies nie. Ons wens sy gesin en vriende, en ook die fietsrygemeenskap, voorspoed in die moeilike tyd.” Bezuidenhout het in 1981, 1984 en 1986 die Argus fietswedsren en in 1984 die Rapport-toer gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.