Lekota herverkies tot leier van Cope

Mosiuoa Lekota. Foto: Werner Beukes/SAPA

Mosiuoa Lekota. Foto: Werner Beukes/SAPA

Mosiuoa Lekota is Saterdag tydens Cope se nasionale kongres in Boksburg aan die Oos-Rand tot leier van die party herverkies.

Johann Abrie, woordvoerder van Cope, sê in ʼn verklaring meer as 700 afgevaardigdes wat die party verteenwoordig in sy provinsiale, jeug en streeksstrukture het gestem om die party se leierskap te kies. “Dit is ʼn eer om as president van Cope gekies te word en ek beloof om die ideale van die party te handhaaf en alles in my mag te doen om die party te lei tot sy regmatige plek in die Suid-Afrikaanse politiek,” het Lekota gesê na hy tot leier herverkies is. “Opposisie tot die regerende party was nog nooit so nodig in ons land nie en ek sal onvermoeid werk om ʼn robuuste, spel-veranderende opposisie te verseker.”

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag ʼn aansoek deur Mbhazima Shilowa, voormalige adjunkleier van Cope, om die party se nasionale kongres te keer om voort te gaan, van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Hoe gaan hulle hom betaal? COPE is dan glo bankrot? Oh wag, ek weet, ons belastinggeld!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.