My lewe is in God se hande – Mugabe

Pres. Robert Mugabe

Pres. Robert Mugabe

President Robert Mugabe van Zimbabwe, wat volgende maand sy 90ste verjaarsdag vier, het gesê hy het nie ʼn geheim om lank te leef nie.

Mugabe het Dinsdag tydens sy suster, Bridget, se begrafnis gesê hy weet nie waarom hy nog leef nie, en dat “alles in God se hande” is. Mugabe het al vyf sibbe oorleef. Bridget was al jare lank kritiek siek en het in die ouderdom van 78 gesterf.

Mugabe het vandeesmaand van Singapoer af teruggekeer waar hy al in die verlede mediese behandeling ontvang het. Hy is tot volgende maand met verlof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
AJ

….Die wielletjie draai nog….maar die Hamster is laaaankal weg

PURE BOER

Jy is reg muapie, als is in GOD se hande. GOD wil jou nog n kans gee om reg te maak wat jy van GOD se skepping gebreuk het. GOD wil he jy moet n voorbeeld vir HOM wees voor jy dood gaan, sodat jou volgelinge die selfde pad kan loop, en dit is GOD se pad. Jy sal moet wikkel muapie, anders gaan jy en hitler mekaar ontmoet.

JD

Ag ja…..tragies as hy ook binnekort moet sterf en vir altyd in die hel gaan brand!!!!Ek hoop die vuur is EKSTRA warm.