Lewenslange vonnis vir melkplaas-moordenaar

Lorraine Karg

‘n Man van KwaZulu-Natal is drie keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ‘n bekende Mooirivier-boer se vrou, huishulp en tuinier vermoor het.

Mzwandile Magubane (21), ‘n bendelid, het in Julie 2010 ‘n brand in ‘n weiveld gestig om die inwoners uit die huis te lok. Die bende wou glo die huis beroof. Magubane is skuldig bevind dat hy Lorraine Karg (58), Hilda Linyane (34) en Shayi Mhlongo (65) op die Kargs se familieplaas, Sherwood, naby Mooirivier, vermoor het. Die drie is aangeval toe hulle teruggehardloop het huis toe om meer brandbestrydingstoerusting te kry. Karg se eggenoot, Neville, en sy span arbeiders het probeer om die brand te blus. Die bende het Karg en Mhlongo se kele afgesny en Linyane is geskiet.

Die Kargs is bekend as die grootste melkboerdery-familie in die Midlands-omgewing.

Regter Muzi Thom Ncube van die hooggeregshof in Pietermaritzburg, het Vrydag gesê Magubane se optrede is van so aard dat die feit dat hy relatief jonk is en dit sy eerste oortreding is, nie in ag geneem word nie. “Jy het drie onskuldige mense van hul reg om te leef, beroof,” het Ncube gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.