Lewenslank na bendeverkragting

Drie mans is Vrydag in die Esikhawini-landdroshof in KwaZulu-Natal lewenslange tronkstraf opgelê nadat hulle ʼn vrou om die beurt verkrag het.

Kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, sê die drie mans is aangekla van verkragting en roof. Hulle is skuldig bevind en lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting en ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf vir roof. Die drie mans is Siyathokoza Cezu Masinga (26), Mxolisi Raymond Mthembu (21) en Sibusiso Sphiwe Kunene (24). Die voorval het in April verlede jaar plaasgevind. Die mans se 24-jarige slagoffer was saam met ʼn manlike vriend op pad om by ʼn vriendin te gaan kuier in Esikhawini naby Richardsbaai toe hulle deur drie mans oorval is. Die vrou is om die beurt deur die drie mans verkrag en haar vriend is aangerand en beroof. Masinga, Mthembu en Kunene is twee dae na die aanval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.