Lewenslank na hulle verkrag, roof

Twee mans wat speelgoedgewere gebruik het om ʼn vrou te beroof en haar daarna herhaaldelik verkrag het, is Maandag lewenslange tronkstraf opgelê in die Pietermaritzburg hooggeregshof in KwaZulu-Natal.

Waarnemende regter Madlala Xolo het Sifiso Malunga en Siyabonga Mathevula tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting en 15 jaar tronkstraf vir die rooftog. Malunga en Mathevula het in 2010 saam met ʼn derde verdagte Lungani Ngiba die vrou beroof en verkrag. Al drie is in hegtenis geneem en het skuld erken op die aanklagte teen hulle. Die drie mans het egter uit aanhouding ontsnap. Malunga en Mathevula is weer in hegtenis geneem en gister gevonnis. Ngiba is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.