Lewenslank vir Ficksburg-moorde

tronk 2ʼn 33-jarige man is Vrydag lewenslange tronkstraf opgelê in die Vrystaatse hooggeregshofsitting in Ficksburg.

“Tebogo David Ramakatsa is skuldig bevind op twee aanklagte van moord, twee van diefstal en een van seksuele aanranding,” het Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, gesê. “Hy is lewenslange tronkstraf opgelê vir elk van die moorde, sewe jaar vir elke aanklag van diefstal en vier jaar vir seksuele aanranding.”

Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Ramakatsa het Nthati Alice Mothokho en die swanger Malintle Qothelo vermoor. “Qothelo se maag is oopgesny terwyl sy nog geleef het, want die moordenaar wou die fetus vir moetie gebruik,” het Shuping gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.