ʼn 33-jarige man is Vrydag lewenslange tronkstraf opgelê in die Vrystaatse hooggeregshofsitting in Ficksburg.
“Tebogo David Ramakatsa is skuldig bevind op twee aanklagte van moord, twee van diefstal en een van seksuele aanranding,” het Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, gesê. “Hy is lewenslange tronkstraf opgelê vir elk van die moorde, sewe jaar vir elke aanklag van diefstal en vier jaar vir seksuele aanranding.”
Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
Ramakatsa het Nthati Alice Mothokho en die swanger Malintle Qothelo vermoor. “Qothelo se maag is oopgesny terwyl sy nog geleef het, want die moordenaar wou die fetus vir moetie gebruik,” het Shuping gesê.