Lewenslank vir gru-moord

Angil Lindie Straughan (34) is Donderdag tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die gru-moord op Leandra van Greunen (33).

Straughan het Van Greunen verkrag, met ʼn stok geskend en verskeie kere met ʼn mes gesteek in die nek, gesig, maag en bobene. Sy het doodgebloei. Haar halfnaakte liggaam is in Augustus 2009 in ʼn veld agter die Eersterust-polisiestasie, noord van Pretoria, gevind. Van Greunen was die ma van sewe kinders. Hulle is almal tans in pleegsorg. Straughan dien reeds lewenslange tronkstraf uit vir die moord op ʼn vrou van Sophiatown. Die twee moorde is binne 19 dae van mekaar gepleeg. Straughan het beweer dat Van Greunen ingestem het om seks met hom te hê en dat hy gesien het hoe sy vriend, ʼn dwelmverslaafde genaamd Paul, vir Van Greunen vermoor. Waarnemende regter Johan Kruger het egter Straughan se getuienis verwerp en bevind dat Straughan vir Van Greunen verkrag en vermoor het nadat Van Greunen sy aanbod om alkohol in ruil vir seks geweier het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae