ʼn Man is lewenslange tronkstraf opgelê in die hooggeregshof in Port Shepstone, KwaZulu-Natal vir die moord op ʼn bejaarde egpaar.
Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die liggame van ʼn 70-jarige man en sy vrou is op 18 Junie 2012 in hul huis in Port Shepstone gevind. “Die egpaar se huiswerker het op hul liggame afgekom en die polisie in kennis gestel. Xolani Sgidi Sonjica (20) is in hegtenis geneem in verband met die moord.” Sonjica is skuldig bevind aan moord en roof. Hy is lewenslange tronkstraf opgelê en ʼn bykomende 15 jaar.