Lewenslank vir moord op polisieman

ʼn Man is lewenslank tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die moord op ʼn polisiebeampte.

Kol. Vincent Mdunge, ʼn polisiewoordvoerder, sê Elvis Luvuyo Shasha (23) is Donderdag in die Durban hooggeregshof lewenslank tronkstraf opgelê vir die moord op die polisiebeampte en ʼn bykomende 15 jaar vir gewapende roof. Shasha is verlede week Woensdag in Umlazi naby Pinetown in hegtenis geneem na ʼn rooftog vroeër die maand in New Germany waartydens ʼn polisiebeampte en ʼn rower doodgeskiet is. Shasha was deel van ʼn groep van drie mans wat ʼn kitskosrestaurant beroof het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.