Lewenslank vir polisieman se moordenaars

Twee mans wat ʼn polisieman in Qwaqwa vermoor het, is deur die Harrismith rondgaande hof lewenslange tronkstraf opgelê.

Volgens sers. Mmako Mophireng van die polisie is Teko Mphuti (26) van Mokgotlong in Lesotho en Malefetsane Nhlapo (36) van Makeneng Village in Qwaqwa op Donderdag gevonnis vir die moord op die studentekonstabel Pula Rasebakoa verlede jaar.

Regter Connie Mocumie het Mphuti tot ʼn bykomende agt jaar en Nhlapo tot ʼn bykomende vyf jaar gevangenisstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede. Mphuti is ook gevonnis daarvoor dat hy ten tye van sy arres ʼn onwettige immigrant was. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Rasebakoa het op 8 Maart verlede jaar vermis geraak, en sy liggaam is op 29 Junie onder ʼn hoop klippe in die Drakensberge gevind. Mophireng het gesê Nhlapo was ʼn polisie-informant oor veediefstal-verwante misdaad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.