Lewenslank vir verkragter

Argieffoto.

Argieffoto.

‘n 20-jarige man van Limpopo is in die Phalaborwa-landdroshof lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ‘n vrou verkrag het, het die polisie Saterdag gesê.

“Glen Monyela het ‘n 20-jarige vrou verlede jaar in Maart verkrag toe sy ‘n plaaslike vulstasie besoek het,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die slagoffer wou ‘n paar items by die vulstasie aanskaf en sy het daarna vir haar mansvriend staan en wag om saam met hom te ry. Terwyl sy gewag het, het Monyela haar van agter oorweldig, ‘n mes te voorskyn gebring en haar gedreig voordat hy haar na ‘n sloot daar naby gesleep en verkrag het.”

Die man is kort na die voorval in hegtenis geneem en het in polisie-aanhouding gebly totdat hy Vrydag gevonnis is. “Monyela het steeds drie uitstaande sake teen hom, drie aanklagte van verkragting, een klag van huisbraak en een van moedswillige skade aan eiendom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Seg Net ·

Op 20 jarige ouderdom en klaar ‘n gewoonte misdadiger? Was die swart gemors op borg? Of die hond nou drie keer lewenslanke tronkstraf kry sal hy op die heel langste 25 jaar sit en kan dan uit die tronk kom met ‘n universiteit graad sonder enige studie skuld. Dit is mos deesdae nie ‘n straf nie, maar hulle word geleerdheid en opleiding gegee. Dit is hoe hulle in ‘n nuwe Suid Afrika geleer word.

Greg Smith ·

I really hope that his sentence is absolutely true an justified. If so, rot and suffer all injustices that may come your way in prison.

Amy ·

Die flippen barbaar. Ek weet dis seker nou lelik van my, ek hoop hy kry dieselfde medisyne in die gevangenis.

Amy ·

En ja, hy was seker weer uit op parool of borg. Dit gee hul mos ‘n ‘vrypas’ om met sy babarse dade voort te gaan. As ek daai vrou is, dagvaar ek die regering of polisie, omdat hulle die barbaar laat los loop het, en so haar lewe vernietig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.