Lewenslank vir verkragter

ʼn Man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sy stiefdogter verkrag het.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die man het sy stiefdogter glo in Augustus verlede jaar verkrag. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en die speurders wat aan die saak gewerk het bedank vir hul harde werk. “Ons is bly dat nog ʼn monster wat kwesbare vrouens en kinders uitgebuit het van die samelewing verwyder is.” Hy sê dit is nie net ʼn oorwinning vir die polisie nie maar alle kwesbare vrouens en kinders in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

My dank ook hiermee aan die speurders en suksesvolle vervolging. Sou egter steeds verkies dat verkragters gehang word.

Paul ·

Hi Trippie, ek wil regtig hartlik met jou saamstem. Weet jy, dit is nou al geruime tyd dat ek soort van gedring voel om op ‘n ander manier kommentaar te lewer. Die ding wat my die meeste opval is die reaksie wat ons lees van ons mense en wat hulle alles aan die oortreder sal doen. Ek stem saam dat die doodstraf die oplossing sal wees, maar ………………. dit lyk vir my asof God nie juis iets aan die hele situasie wil doen nie, ons glo in God en ons bid dat hierdie gety sal draai. Maar wanneer dit by sake kom waar God die alleen reg het om te oordeel en straf uit te deel, dan vat ons oor en ons besluit hoe, wanneer en waar dinge gedoen moet word. Omdat God ‘n regte “Gentleman” is sit Hy da terug en kyk hoe ons die gemors gaan regmaak. Ek is bevrees dat ons op ‘n punt gaan kom, en dit mag dalk nie meer baie vêr in die toekoms wees nie want die skrif is aan die muur, wat ons hande in die lug gaan gooi en na God gaan roep om in te gryp en ons te verlos van hierdie ellende. Kom ons draai vroegtydig na God en ons laat toe dat Hy hierdie situasies hanteer. Hy weet immers altyd die heel beste!!

Trippie ·

Paul, die skrif is lankal aan die muur. Dankie vir jou skrywe hier. Word opreg waardeer.

Groete.

Ivor ·

Emotional queen on the loose again … turn to a screaming one … or a dancing queen …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.