Lewenslank vir verkragters

Twee mans is in die Polokwane-streekshof in Limpopo tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hulle ʼn tienermeisie in 2009 verkrag het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die 18-jarige meisie was glo op pad huis toe, toe sy deur die twee mans aangeval en verkrag is. Otto sê die meisie was bewusteloos en het talle beserings opgedoen. “Toe sy bygekom het kon sy daarin slaag om na ʼn plaaslike kliniek te loop waar sy behandeling vir haar beserings ontvang het.” Otto sê Elvis Modula (26) is ʼn dag na verkragting in hegtenis geneem terwyl sy medepligtige, Jackie Sekhwela, in 2010 in hegtenis geneem is. Modula is in Mei vanjaar tot lewenslange tronkstraf gevonnis terwyl Sekhwela Maandag gevonnis is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willy ·

Goeie vonnis maar ek hoop daardie skuim vrek gou in daardie tronk. Geen simpatie as hulle kry presies wat hulle uitgedeel het nie.

Seg Net ·

Vonnis regverdig nie die daad nie. Indien dit so beteken lewenslank is die res van jou lewe sou dit moontlik nog aanvaarbaar gewees het. Hierdie gemors is oor 20 jaar weer uit en doen maar weer voort. Ons regstelsel het nie die regte straf vir verkragters en moordenaars nie.

Trippie ·

Mens kan kwalik na hulle verwys as “mans” – in my wildste drome kan ek nie dink waardeur sy moes gaan tydens die verkragting nie – in so mate nog dat sy bewusteloos geword het daarvan.

Ek staan steeds by wat ek altyd sê – DOODSTRAF is die enigste regverdiging vir verkragters en moordenaars.

Peter Vonk ·

Trippie,ek stem,maar n stadige dood vir hulle,stukkie vir stukkie.Verdomde skuim van die aarde.

Trippie ·

Goeie more Peter (ook goeie more aan SegNet en Willy) … ek weet nie hoe bly enige mens staande na so veragtelike insident nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.