Lewenslank vir verkragters

Vier mans is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan verkragting.

Mpilo Bethwel Sibiya is in die Eshowe-landdroshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn negejarige meisie. Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê Sibiya het glo ingeloop op die meisie terwyl sy gebad het en haar gevra waar haar ma is. Die meisie het glo gesê haar ma is in die slaapkamer waarna Sibiya aan haar gesê het om stil te bly en haar verkrag het. Sibiya het aan die meisie gesê hy sal haar doodmaak indien sy iemand van die verkragting vertel waarna hy gevlug het. Hy is kort na die voorval in hegtenis geneem.

In ʼn aparte voorval is Moeketsi Ernest Moremi, Tumelo Sepaee en Pule Petrus Molefi in die Odendaalsrus-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 27-jarige vrou in 2011. Die vrou en haar vriend het glo die aand huis toe geloop nadat hulle by ʼn kroeg gekuier het toe hulle deur die drie mans voorgekeer is en met messe gedreig is. Die vrou en haar vriend het in teenoorgestelde rigting gehardloop. Moremi, Sepaee en Molefi het agter die vrou aangehardloop, haar gevang en na ʼn plakkershut geneem waar hulle haar om die beurt verkrag het. Die drie mans is kort na die voorval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.