Lewenslank vir verkragting

Twee mans is Woensdag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hulle ʼn 15-jarige meisie herhaaldelik verkrag het.

“Lekwara Mashadikana (20) en Peter Rachadi (23) is Woensdag in die streekshof in Mankweng gevonnis vir die misdaad wat in Augustus 2008 plaasgevind het,” het ao Moses Molepo, woordvoerder van die polisie in Limpopo gesê. Die mans het die meisie glo na een van hul huise in Nobody, Thakgalang, geneem en haar herhaaldelik verkrag. “Kol. Eddie Enslin, waarnemende stasiebevelvoerder van Mankweng, het die vonnis verwelkom en sy hoop uitgespreek dat dit voornemende verkragters van hulle planne sal laat afsien,” het Molepo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.