Libiese premier vrygelaat

Ali Zeidan. Foto. :AFP

Ali Zeidan. Foto. :AFP

Ali Zeidan, die Libiese eerste minister, is Donderdag vrygelaat ná hy ‘n paar uur lank aangehou is nadat hy vroeg Donderdagoggend glo deur militante uit sy hotelkamer in die hoofstad Tripoli ontvoer is.

“Hy is vrygelaat, maar ons weet nog nie wat die omstandighede rondom sy vrylating is nie,” het Mohammed Abdelaziz, die minister van buitelandse sake, aan AFP gesê.

Mohamed Kaabar, die regering se woordvoerder, het aan die LANA-nuusagentskap gesê dat die eerste minister vrygelaat is, maar het nie verdere besonderhede verskaf nie.

Maroela Media het Donderdag berig gewapende mans wat glo “baie ordentlik opgetree het,” het Zeidon ontvoer. Die ontvoering is as só ordelik beskryf, dat dit die voorkoms van ‘n inhegtenisname gehad het, aldus personeel van die hotel. Volgens ‘n amptelike verklaring deur die Libiese regering is hy egter deur militante ontvoer en na ‘n onbekende bestemming geneem. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.