Libiese rebelle verskerp beheer oor hoofstad, Gaddafi steeds soek

Die Libiese leier, Muammar Gaddafi. Foto: GCIS

Dit is steeds nie duidelik waar die Libiese leier Muammar Gaddafi hom bevind nie terwyl rebelle Maandag hulle beheer oor die hoofstad Tripoli verskerp het.

Die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) het intussen gesê dit is duidelik dat Gaddafi se regime besig om te verkrummel. Navo sê hy sal voortgaan met sy lugpatrollies oor Libië totdat Gaddafi en sy magte oorgee. Brittanje en die VSA het intussen ook gesê dat Gaddafi se einde naby is. Brittanje se eerste minister, David Cameron, sê Gaddafi het afskuwelike misdade teen die mense van Libië gepleeg en dat hy nou moet uittree om enige verdere swaarkry onder sy mense te vermy. President Barack Obama het op sy beurt gesê Gaddafi en sy regime “moet erken dat sy heerskappy tot ʼn einde gekom het.” Die Libiese rebelle het Tripoli Sondag binnegeval. Konflik woed sedert Februarie in die land. Suid-Afrika se minister van buitelandse sake, Maite Nkoana-Mashabane, het Maandagoggend op ʼn media konferensie gesê Suid-Afrika weet nie waar Gaddafi hom bevind nie. Nkoana-Mashabane sê Suid-Afrika sal nie asiel aan Gaddafi bied nie maar sal ook nie die rebelle se Nasionale oorgangsraad erken indien Gaddafi se regime val nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.