Lichtenburg-man dood aangetref

ʼn 38-jarige man is Sondag langs ʼn pad in Blydeville, Lichtenburg, dood aangetref.

“Die man, wat in ʼn poel bloed gelê het, is later deur nooddienste dood verklaar,” het sersant Philani Nkwalase, woordvoerder vir die polisie in Noordwes, gesê. “Die liggaam is na die staatslykhuis geneem, en polisie ondersoek ʼn saak van moord.” Die slagoffer is uitgeken, maar sy naam kan nog nie bekendgemaak word alvorens sy naasbestaandes in kennis gestel is nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.