Liebenberg hoor oor borgtog

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Die Benoni-landdroshof in die Oos-Rand het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogverhoor van Retief Liebenberg, wat van sy dogter se kêrel en dié se pa se moord beskuldig word.

Landdros Ian Cox het Liebenberg op borgtog van R50 000 vrygelaat. Liebenberg het die hof deur ʼn sydeur verlaat aangesien sy familie vir sy veiligheid gevrees het.

Hy moet weer op 11 Desember in die hof verskyn.

As deel van Liebenberg se borgtogvoorwaardes moet hy elke Maandag, Woensdag en Vrydag by die aanklagkantoor aanmeld. Hy mag ook nie vir ʼn nuwe paspoort aansoek doen nie, aangesien sy vorige paspoort reeds verval het.

Liebenberg van Benoni is op 31 Oktober in hegtenis geneem in verband met die skiet van sy dogter Chevonne se kêrel, Dewalt “Poena” Visser (19), en Poena se pa, Dewalt (46). Hulle is in Liebenberg se huis doodgeskiet.

Poena het die dag van die skietery by Chevonne gekuier en later sy pa gebel en gesê Liebenberg hou hom gyselaar. Liebenberg het glo nie die verhouding tussen sy dogter en Poena goedgekeur nie en het haar glo belet om hom te sien. ʼn Onderonsie het ontstaan toe Poena se pa by die huis aankom, waartydens Poena en sy pa verskeie kere geskiet is. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Lees ook:
Liebenberg se borgtogverhoor hervat
Liebenberg se lewe kan glo in gevaar wees
Pa in hof oor skietdood van kêrel en die se pa
Man skiet dogter se kêrel en sy pa dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

leon ·

Ag kom nou!!!! R50,000 borg vir iemand wat kom moeilikheid maak in jou eie huis. Hy het die volste reg om sy dogter te beskerm. Ek sou dieselfde gedoen het.

heidi ·

Leon kom by!!! Rerig! Dit is hoe goedkoop ‘n lewe deesdae in Suid Afrika is!!! 25000.00 elk!!!!!!!! Oscar moet ‘n miljoen rand opdok vir een persoon en die arrogante trigger happy monster net 50 000!!!!

leon ·

Heidi, ek dink jy moet by kom!!!! Die pa het agterna aangekom om wat te kom doen???? Defnitief nie vir koffie drink nie. Hy het gaan moeilikheid soek en dit gekry. Nou huil almal. Ek se nie dis reg wat hy gedoen het nie maar in die siek land het ons geleer om ons self te beskerm.

leon ·

Daan wat sou jy doen as jou vrou of dogter in gevaar verkeer het. Sou jy hande gevou gestaan en kyk het. Ek sou nie. Dan het ek maar in die beskuldige bank gestaan maar ek weet ek het my familie beskerm.

Daan ·

Jy gryp aan grashalmpies leon. Of weet wat die werklike stand van sake was? Vergewis jou eers van die feite voordat jy ‘n beslissing vel.

leon ·

Buitendien as hy gevange was hoekom het hy nie die polisie gebel nie. Nee bel vir pappa dat hy kom slaan en amok maak. Nee wat hulle het gekry wat hulle verdien het.

heidi ·

Ag Leon ek voel jammer vir jou. Want jy praat nou snert om wakker te bly. Shame ek glo in elk geval jy het nie die “guts” om so iets te doen nie. Daar moet ‘n rede wees hoekom jy die Visser so haat????? Wat steek jy weg???

leon ·

Heidi, ek is nie in staat om te haat nie. Buitendien woon ek in Paarl. En glo my ek het die guts om enige familie lid van my te beskerm.

Peter Se ·

Elke saak het twee kante-reg of verkeerd, hierdie is n baie moeilike een.

heidi ·

leon on 9 November 2013 at 11:23
More Katrien, as jy se mens sal ver moet soek om beter mense te kry dan ken jy seker maar bitter min mense. Ek ken hulle ook want ek bly in Rynfield naby die hasie park. Ek ken ook mense wat deur geloop het onder die Vissers en glo my hulle was nie die beste mense nie

heidi ·

Leon is dit nie een van jou vorige comments by ‘n vrooer artikel oor die saak nie???? Nou bly jy eweskielik in die Paarl???

heidi ·

Leon as jy nie dieselfde Leon is nie vra ek onverskoning. Maar elkeen het sy opinie en myne is gebasseer om die feit dat lede van my familie vriende was met albei partye en glo my die Liebenbergs laat veel te wense oor. Ons is selfs bewus gemaak dat hy hand gemeen geraak het met mense wat vir hom werk. Nee ek sluk swaar aan die selfverdediging ding.

leon ·

More heidi hier uit n nat koue kaap. Nee dis reg. Enige mense maak n fout. Miskien is ek ook verkeerd oor die oorledenes. Lekker daggie vr jou. Dis lekker om n dietjie te stry en dan die lug suiwer.

estelle ·

ek twyfel of retief liebenberg die sneller getrek het, daar is baie vrae wat net ‘n hof kan antwoord!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.