Liebenberg se borgtogverhoor hervat

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Retief Liebenberg, wat van twee moorde beskuldig word, verskyn vandag weer in die landdroshof in Benoni in Johannesburg wanneer sy borgtogverhoor hervat. Tydens sy vorige verskyning op 8 November het die hof gehoor sy lewe kan in gevaar wees indien hy op borgtog vrygelaat sou word. Sy borgverhoor is tot vandag uitgestel omdat die hof gewag het vir die uitslae van ballistiese toetse.

Liebenberg van Benoni is op 31 Oktober in hegtenis geneem in verband met die skiet van sy dogter Chevonne se kêrel, Dewalt “Poena” Visser (19), en Poena se pa, Dewalt (46). Hulle is in Liebenberg se huis doodgeskiet.

Poena het die dag van die skietery by Chevonne gekuier en later sy pa gebel en gesê Liebenberg hou hom gyselaar. Liebenberg het glo nie die verhouding tussen sy dogter en Poena goedgekeur nie en het haar glo belet om hom te sien. ʼn Onderonsie het ontstaan toe Poena se pa by die huis aankom, waartydens Poena en sy pa verskeie kere geskiet is. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Lees ook:
Liebenberg se lewe kan glo in gevaar wees
Pa in hof oor skietdood van kêrel en die se pa
Man skiet dogter se kêrel en sy pa dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.