Liebenberg se lewe kan glo in gevaar wees

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Retief Liebenberg, wat van moord beskuldig word, se lewe kan moontlik in gevaar wees indien sy aansoek om borgtog goedgekeur word, het die landdroshof in Benoni Vrydag gehoor.

“Die familie van die oorledene is baie emosioneel oor die misdaad,” het ao Peter Mbonani, die ondersoekbeampte, gesê. “Die beskuldigde se lewe kan in gevaar wees indien hy op borgtog vrygelaat word.”

Liebenberg van Benoni in Johannesburg is verlede Donderdag in hegtenis geneem in verband met die skietery van sy dogter Chevonne se kêrel, Dewalt “Poena” Visser (19) en die tienerseun se pa, Dewalt (46). Hulle is in Liebenberg se huis doodgeskiet.

Liebenberg, wat teregstaan op twee aanklagte van moord, doen aansoek om borgtog.

Die pa en seun is Vrydag in Rynfield, Benoni, begrawe.

Mbonani het getuig dat Liebenberg Visser snr. en sy seun in sy [Liebenberg] huis doodgeskiet is. “Daar is met die moordtoneel gepeuter,” het hy gesê.

Marius van Wyngaardt, vir Liebenberg, het Mbonani gevra hoe hy dié bewering kan maak wanneer hy nog nie die ballistiese verslag gesien het nie. Mbonani sê dit is duidelik dat Liebenberg, nadat hy Visser snr. geskiet het, aanhou skiet het terwyl hy in die huis in is en Visser jnr. gevolg het nadat hy in die kombuis in gehardloop het. “Die koeëlgate en merke op die muur toon dat die beskuldigde aanhou skiet het. Sommige van die koeëls het die mure rakelings getref,” het hy gesê.

Van Wyngaardt het aan Mbonani gesê hy mislei die hof. Landdros Ian Cox het aan Van Wyngaardt voorgestel dat hy vir die ballistiese verslag moet wag voordat hy vrae vra oor die toneel, aangesien dit duidelik is dat hy Mbonani nie glo nie.

Van Wyngaardt het daarop aangedring dat hy voortgaan, aangesien Mbonani die toneel ondersoek en foto’s daarvan gesien het. “Daar is ‘n moontlikheid dat dit wat die foto’s wys kan verskil van die uitslag van die ballistiese kenners,” het Cox aan Van Wyngaardt gesê.

Cox het die saak tot 15 November uitgestel vir die ballistiese bewyse. Hy het Van Wyngaardt se pleit, dat sy kliënt steeds in die selle by Benoni se polisiestasie aangehou word, toegestaan. Liebenberg is nie tans in ‘n tronksel nie.

Liebenberg moet glo behandeling ontvang vir depressie soos ‘n kliniese sielkundige voorgestel het in ‘n verklaring wat aan die hof voorgehou is. “My kliënt se toestand kan vererger en dit is moontlik dat hy nie verhoor sal kan word indien hy in ‘n tronksel geplaas word nie. Dit sal moeilik wees om die behandeling, wat hy benodig, aan hom te bied,” het Van Wyngaardt gesê.

Lees ook:
Pa in hof oor skietdood van kêrel en die se pa
Man skiet dogter se kêrel en sy pa dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Heidi ·

“The witness who was with the deceased said Visser senior received a call from his son on that day who told him the accused [Liebenberg] was holding him hostage in the house.”

The two, Visser sen. and the witness, drove to Liebenberg’s home. They arrived and spoke to Liebenberg, and the situation was amicably resolved, he said

Heidi ·

Dit is wat in News24 berig is. Hy het die kind aangehou!!! En hul was oppad uit toe hy om die huis kom en op hul skiet!!! Arrogansie het nou omgesit in Deppressie. Siestog!! En so begin die waarheid uitkom. Seker gedink sy geld kan als reg of weg koop.

Ben ·

Heidi, jy weet nie waarvan jy praat nie. Die “kind” was n probleemkind, op steroide, wat hom agresief gemaak het, en wat hy dan op die meisies in sy lewe uitgehaal het. Sy vorige meisie se pa het n interdik teen hom gekry. Hy het sy pa gebel, wat n vriend van hom gaan oplaai het, en hulle het haar pa in sy eie huis aangerand. die Vissers se naam loop hulle vooruit in Benoni, hulle is n rowwe klomp gewees, soos die mafia, daar is nog een broer. Die meisie se pa het hulle in self verdediging geskiet. Ek glo hy het baie mense n guns gedoen.

Hennie van der Merwe ·

Ben, ek stem een 100% met jou saam! “Good riddens of bad rubbish!”

simone ·

verskoon my?? Het jy hulle persoonlik geken? Of maar net van hulle gehoor en van mense se persepsie oor hulle gehoor? daar is 3 kante van ‘n storie !! hou dit asb in gedagte . Hoe kan jy sê dat hy vir baie mense ‘n guns gedoen het.. Hy het die wêreld se hartseer vir soveel mense veroorsaak.. ek ken al 3 dai mense.. chevonne ,punie en die ex meisie.. Ek kan jou belowe die ex meisie is in net soveel pyn en hartseer!!! hy was nie ‘n probleemkind nie.. hy was ordentlik en met my ondervinding respek getoon aan baie .. Daar is 3 kante van ‘n storie.. 1) Retief s’n 2) Punie en sy Pa s’n wat ongelukkig nie hier kan wees om te sê wat gesê moet word nie en natuurlik die media en dan die waarheid.. Die waarheid kom altyd uit!! Maar moet nie vingers wys nie. nir ek of jy of niemand anders ken die waarheid nie :) …

Heidi ·

Nee Ben ek dink jy weet nie waarvan jy praat nie. Liebenberg se dogter was die probleem kind. Ek weet want sy was saam my kind op skool. Sy het BAIE kerels gehad , sy het partytjie gehou en dwelms gebruik inplaas van te studeer dis hoekom sy haar studies opgeskop het en sy was die een in rehabilitasie. En lees al die berigte daar was ‘n getuie saam Visser snr.

Maggie ·

Stem Heidi,hoekom peuter mens by die moord toneel as jy nie iets het om weg te steek nie, nee wat hierdie ou moet maar boet vir sy dade, het ook seker maar groot geword, met dien verstane as jy nie kan skiet nie boet is jy nie ‘n man nie.

leon ·

More almal, ek vat nie kant nie want ek weet nie wat daar gebeur het nie. Ek woon in Benoni en die Vissers was n wilde klomp. Het droog gemaak net waar hulle kom en gedink hulle is die sterksteen slimste. Nee wat baie mense sal bly wees hulle is weg.

leon ·

Hoekom dink hulle sy lewe is in gevaar. Die Vissers is dan engejties volgens sekere mense. Hulle is nie emosioneel nie hulle is klomp wreed aardige mense. Nee wat Benoni is nou sommer weer n baie beter plek.

Katrien ·

Ek weet nie waar kom julle aan die Vissers is so sleg nie ek het Dewalt en Sherese persoonlik geken, twee beter mense sal jy ver moet gaan soek hulle het hulle hande diep in hulle sakke gedruk en baie mense gehelp, Dewalt het ook net sy seun beskerm

Heidi ·

Katrien ek stem saam met jou daar is BAIE mense wat kan getuig dat die Vissers goeie mense was. Maar hul is nie hier om hulself te verdedig nie! Nou word die boodskap uitgestuur dat dit ok is om moord te pleeg. Die moordenaar is nou ‘n Hero!! Hoe groot gevaar kon Dewalt Snr wees as hy in die rug en sy gekiet is! Nee wat ek gee nie om wie en wat hul was nie hul dit nie verdien nie!

leon ·

More Katrien, as jy se mens sal ver moet soek om beter mense te kry dan ken jy seker maar bitter min mense. Ek ken hulle ook want ek bly in Rynfield naby die hasie park. Ek ken ook mense wat deur geloop het onder die Vissers en glo my hulle was nie die beste mense nie.

Yvonne Ungerer ·

Sjoe maar hierdie geval het omtrent die publiek in kampe verdeel. Die respek wat kortgekom het deur op mense se drumpel te gaan boer as jy weet jy is nie welkom nie is klaar n teken dat jy hulle daag om te doen net wat hulle wil. Die feit dat die Ouer van die spesifieke kind nie beheer oor hom kon uitoefen en dit duidelik te maak dat hy nie naby die mense se blyplek mag kom nie, los ook vele vrae. Het hy ook nie eens respek vir sy pa gehad nie of het sy pa hom geleer om so deur die lewe te boender sonder om andere in ag te neem. Ongeag wat die voorval voorafgegaan het bly dit ‘n tragedie vir al die familie wat agter bly met die talle vrae oor hoe waar en wat hulle kon doen om dit te verhoed. Ek ken nie een van die gesinne nie en is die Here dankbaar dat ek nie in hulle onbenydenswaardige posisie is nie. Vir die kinders van die twee gesinne – Leer asseblief hieruit. Julle is nie untouchable nie, respekteer ander se gevoelens dan mag mense jul ook dalk respekteer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.