Liedjieskrywer Louis van Rensburg oorlede

Die sanger en liedjieskrywer Louis van Rensburg is Sondag in Johannesburg oorlede.

Van Rensburg (68) is in Augustus met longontsteking in die Garden City-kliniek in Johannesburg opgeneem. Sy toestand het egter twee weke gelede versleg en hy is na die waaksaal oorgeplaas.

Van Rensburg het saam met sy gesin in Aucklandpark, Johannesburg, gewoon, en het bekendheid verwerf met sy musiek vir die TV-reeks Ballade vir ’n enkeling. Een van die liedjies uit dié reeks, Voshaarnooi, het ’n groot treffer geword en Louis het dit as een van sy beste komposisies beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ronelle Jansen Van Vuuren ·

Dit lyk eg Afrikaans. Vul n leemte. Sal julle webtuiste gereel besoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.