Liedjietuin vir Afrikaans ingerig

yellowroseDie immergewilde liedjie van Cora Marie, “Gee haar ʼn roos”, gaan nou gestalte kry wanneer ‘n Afrikaanse Liedjietuin eersdaags in Pretoria by die Voortrekkermonument ingewy gaan word.

Volgens Chrisna Nel, ʼn woordvoerder van die FAK, gaan die tuin ingewy word as ʼn huldeblyk aan Afrikaanse musiek en sal die tuin by die FAK se kantoor op die terrein van die monument wees.

“Na die suksesvolle publikasie van die FAK Sangbundel Vol II in 2012, het die FAK besluit om die liedjietuin aan te lê en ook op dié manier Afrikaanse musiek te huldig,” het Nel gesê.

Die kern van die tuin bestaan uit ‘n roostuin wat met ondersteuning van Anja Taschner van Ludwig’s Roses uitgelê is. Dit is hoofsaaklik naamrose van Afrikaanse kunstenaars wat aangeplant is, soos Christa Steyn, Rina Hugo en ander.  In die tuin is ook granietplate met die lirieke van bekende liedjies uit albei FAK Sangbundels daarop aangebring.

Die FAK bied ook op Donderdag 10 Oktober vanaf 13:00 ‘n opedag aan en almal is welkom om die tuin te gaan besoek. Vir navrae, skakel Sarie by 012 301 1765 of 072 120 2344.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.