Liefdesdriehoeke lei toe tot geweld

Twee liefdesdriehoeke het Woensdag in Soweto tot een man se dood gelei en twee ander persone het halfnaak in ‘n polisiestasie opgedaag.

In die een saak is ‘n man met ‘n skerp voorwerp doodgesteek en ‘n vrou het ernstige steekwonde opgedoen, het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng gesê, berig SowetanLIVE. Die paartjie se driejarige kleuter, wat saam met hulle in die bed geslaap het, is nie in die voorval beseer nie. “Dit blyk dat die aanvaller die vrou se minnaar is,” het Makhubela gesê.

In die tweede voorval, het ‘n man op sy vrou en ‘n ander man begin skiet nadat hy hulle Woensdagoggend saam in die bed aangetref het. “Hy het sy vuurwapen uitgehaal en op hulle begin losbrand. Die twee het deur die venster gevlug,” het Makhubela gesê. Die twee, wat halfnaak was, het na die polisiestasie toe gehardloop. Die man het hulle gevolg en sy kant van die verhaal aan hulle vertel. Hy is in hegtenis geneem en van poging tot moord aangekla. Die polisie het twee patrone in die slaapkamer opgespoor. Die 53-jarige man sal Donderdag in die landdroshof in Protea verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.