Liefhebber vat tiere werk toe

Goosey Fernandez en sy seun saam met Panjo net nadat hy in 2010 gevind is. Foto: Jacarandafm

‘n Besigheidsman van Springs is so lief vir sy tiere, dat hy van hulle saam met hom werk toe vat.

The Star het Dinsdag berig Goosey Fernandez, die eienaar van ‘n voertuigherstelwinkel in Ekurhuleni, se tiere loop vrylik rond, speel met mekaar en slaap op ‘n bank in die werkswinkel.

“As ek nie my tiere sien nie, word ek mal. Dit is ‘n groot plesier om my diere saam met my by die werk te hê,” het hy aan die koerant gesê. Die tiere wat saam met hom werk toe gaan is die 11-maandeoue Fido, en vier maandeoue Arrow. Fernandez besit altesaam 11 tiere en drie leeus.

Fernandez is ook Panjo se eienaar, die tier wat in 2010 die nuus gehaal het toe hy uit ‘n bakkie onstnap het en ‘n groot soektog tot gevolg gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.