Liefling-akteurs en Helpende Hand help by ouetehuis waar personeel staak

Bobby van Jaarsveld

Solidariteit Helpende Hand en akteurs van die Liefling-musiekblyspel, waaronder die hoofkarakters Bobby van Jaarsveld en Liza Brönner, gaan Donderdag ʼn handjie gee by Huis Hermon in Pretoria-Noord.

Maroela Media het Dinsdag berig Huis Hermon, ʼn tehuis vir bejaardes wat na 165 bejaardes omsien, kort dringend vrywilligers om na die bejaardes om te sien, aangesien 57 van die 80 personeellede sedert Maandag begin staak het.

Dit laat ʼn dringende behoefte vir take soos skoonmaak, kosmaak en vermaak by die tehuis, asook persoonlike aandag vir die bejaardes.

Die personeel wat staak behoort aan die vakbond UCAWU en die personeel staak onder andere vir ʼn salarisverhoging van 10%, bonusse, 30 dae stresverlof, en behuising- en vervoertoelae.

Volgens Juanita du Preez, die skakelbeampte van Helpende Hand, vier die liefdadigheidsorganisasie in Junie die rol van die bejaarde en is Helpende Hand betrokke by verskeie tehuise vir bejaardes in die land. Huis Hermon het die organisasie genader om vrywilligers tydens die staking aan te moedig om by Huis Hermon uit te help.

Lees ook:
Vrywilligers gesoek om by ouetehuis uit te help weens staking

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.