Liggaam by Noordwes-myn gevind

Die liggaam van ʼn man, wie vermoedelik deur stakende werkers van Anglo Platinum vermoor is, is naby Rustenburg in Noordwes gevind.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 22-jarige man se liggaam is Maandag naby die
Jabula-hostel gevind. Hy is vermoedelik Sondag vermoor. “Die oorledene het glo saam met twee vriende op ʼn pad gery toe ʼn groep mense wat glo by Anglo Platinum werk die pad blokker het.” Die stakers het die mans glo daarvan beskuldig dat hulle inmeng met die staking waarna hulle die mans glo met onder meer pangas aangerand het. Ngubane sê twee van die mans kon daarin slaag om te ontsnap. Volgens Ngubane kan dieselfde groep stakers glo ook moontlik verantwoordelik wees vir vier voertuie wat naby Khomanani aan die brand gesteek is. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorvalle nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.