Liggaam in Blyderivier gevind

'n Pad naby Hoedspruit wat deur vloedwater beskadig is.

Die liggaam van ʼn man is Dinsdag in die Blyderivier naby Hoedspruit in Limpopo gevind.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Ronel Otto, sê die liggaam is in opdrifsels sowat 15m van die kant af gevind. Dit blyk of die liggaam reeds ʼn geruime tyd in die water was aangesien dit begin ontbind het. Otto sê dit is nie duidelik of die man moontlik in die motor was wat op 19 Januarie van ʼn brug in die area meegesleur is nie. Die motor is nog nie gevind nie. Die polisie het ʼn beroep gedoen op die publiek om enige inligting rakende vermiste persone by hulle naaste polisiekantoor aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.