Liggaam langs Zambezirylaan gevind

Die polisie in Gauteng is onseker of die verkoolde oorskot wat in die kattebak van ‘n uitgebrande motor in Cullinan, noord van Pretoria, gevind is, aan ‘n vermiste metrobeampte behoort.

Lt.-Kol. Tshisikhawe Ndou het vandag gesê dat die erg verkoolde oorskot van ‘n vrou in die kattebak van ‘n wit Hyundai Getz in ‘n oop veld langs Zambezirylaan Woensdagaand omstreeks nege uur gevind is.

Lede van die gemeenskap het gesien hoe die kar van die pad af gery het voordat dit ontplof het.

By nadere ondersoek het polisiebeamptes die vrou se liggaam in die kattebak ontdek.

Volgens Eyewitness News is dit die liggaam van ‘n vermiste Tswhane Metro polisievrou. “Ons het nog geen bevestiging nie aangesien die liggaam erg verbrand is… ons wag steeds vir DNA-bewyse en sal ander toetse doen om die identiteit van die vrou te bevestig,” het Ndou gesê.

‘n Moorddossier is geopen, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.