‘n Man in sy 60s of 70s se liggaam is Sondag in vlak water by Kampsbaai-strand opgespoor.
Craig Lambinon van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê lede van die publiek het die man se liggaam uit die water gehaal en reddingsbeamptes ontbied. “Toe vrywilligers van die NSRI opgedaag het, het hulle KPR op die man toegepas. Paramedici en polisie is ook na die toneel ontbied en gevorderde lewensondersteuning is toegepas, maar ten spyte van al die pogings, is die man op die toneel dood verklaar,” het Lambinon gesê.
Die man moet nog uitgeken word. “Daar was niks op die strand wat ons kon help om die man uit te ken nie.”
‘n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.