Die liggaam van ʼn vermeende rower is by die bouperseel van die Tongaat-winkelsentrum, wat in November ineengestort het, opgespoor, het The Star Dinsdag berig.
Volgens die berig het die man by ʼn nabygeleë winkel ʼn vrou se halssnoer gesteel voordat hy na die bouperseel gevlug het.
Kol. Jay Naicker het aan die koerant gesê ʼn voetganger het twee weke later van die liggaam bewus geraak weens die skerp reuk.
Twee mense is op 19 November by die bouperseel dood toe ʼn betonblok bo-op werkers geval het. Talle mense is beseer.
-SAPA
Lees ook:
Tongaat-winkelsentrum: Vermiste persoon onder puin opgespoor
Tongaat-winkelsentrum moontlik gesloop
Nog een vermis ná winkelsentrum ineenstort
Glo geen goedgekeurde bouplanne vir Tongaat-winkelsentrum
Ondersoek ná winkelsentrum ineenstort
Minstens een dood, talle beseer na winkelsentrum ineenstort
Foto’s: 50 werkers moontlik in winkelsentrum vasgekeer
Sjoe, toe ‘hardloop hy na sy dood..”
Ek wonder. Miskien het iemand hom ge”panel beat” tot hy dood is en hom daar gelos. Mens gain nie net dood nie, of hoe?
So draai die wiel maar, soms stadig, en in die geval lekker vinnig.