Liggaam van 9de Harmony-myner opgespoor

mynDie liggaam van die laaste myner wat nog soek was ná ʼn brand by Harmony Gold se Doornkop-myn, is Vrydag opgespoor.

“Altesaam nege werkers het in die Doornkop-voorval gesterf,” het die departement van minerale hulpbronne, in ʼn verklaring gesê.

ʼn Brand het Dinsdag, ongeveer 1 700 m ondergrond, op vlak 192 in die myn uitgebreek. ʼn Seismiese voorval het grond laat val en elektriese kabels is beskadig. Die myn is ongeveer 30 km wes van Johannesburg geleë.

Agtien mense is Dinsdagaand aan die einde van die skof as vermis aangemeld. Een myner is vroeg Woensdagoggend gered en hy kon aan die reddingswerkers verduidelik waar hy die ander myners laas ondergrond gesien het. Agt myners is Woensdag deur die loop van die dag gered.

Die liggame van agt myners is Donderdag opgespoor en uitgehaal.

Harmony Gold het Vrydag gesê nog twee van sy werkers is Donderdag in afsonderlike voorvalle oorlede. Een is by die Kusasalethu-myn in Noordwes oorlede en ʼn ander by die Joel-myn in die Vrystaat. -SAPA

Lees ook:
Nóg twee mynwerkers sterf by Harmony-myne
Vermiste JHB-mynwerkers dood aangetref
Agt mynwerkers gered na brand by Harmony-goudmyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.