Liggaam van tiener in Noordwes gevind ná aandjie uit

Die liggaam van ʼn 15-jarige meisie is Woensdag in ʼn vlak graf in Noordwes gevind.

Sers. Philani Nkwalase, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die meisie van Verdwaal in Itsoseng word sedert Vrydag vermis. Haar ouers het haar die laaste keer gesien toe sy die oggend skool toe gegaan het.

“Haar ouers het haar Sondag as vermis aangemeld. Volgens ʼn skoolvriendin het hulle albei direk na skool na ʼn plaaslike kroeg gegaan. Die vriendin beweer ook hulle het na middernag saam huis toe gestap en dit was die laaste keer dat sy haar gesien het,” het Nkwalase gesê.

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen en ʼn saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.