Liggaamsdele “val uit die lug” in Saoedi-Arabië

Saudi Arabian Airlines se Airbus A380-800

Saudi Arabian Airlines se Airbus A380-800

Die polisie in Saoedi-Arabië het gesê menslike liggaamsdele, wat Sondag uit die lug in Jeddah geval het, behoort moontlik aan ʼn verstekeling in ʼn vliegtuig.

“Die polisie het omstreeks 02:30 ʼn oproep ontvang van ʼn ooggetuie wat gesê het menslike oorskot het in sy woonbuurt geval,” het Nawaf bin Naser al-Bouq, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Dit wil voorkom of die oorskot uit ʼn vliegtuig se landingstoerustingsruim geval het,” het Bouq gesê. “Die ondersoek duur voort.”

ʼn Vliegtuig van Saudi Arabian Airlines moes vroeër in Medina ʼn noodlanding uitvoer. Minstens 29 mense is in die voorval beseer. Die vliegtuig het in Mashhad, Iran met 315 mense aan boord opgestyg.

ʼn Woordvoerder vir die algemene burgerlike lugvaartowerheid het gesê daar is geen verbintenis tussen die noodlanding in Medina en die voorval in Jeddah nie.

Sommige mense klim ongemerk in vliegtuie om grense onwettig oor te steek. Talle sterf weens die koue, maar daar is sommiges wat oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.