Ligte sneeu in Johannesburg veroorsaak choas op paaie

Foto: ER24

Ligte sneeu het Maandagmiddag in Johannesburg geval na nog ʼn kouefront die land getref het.

Die sneeu het choas veroorsaak op die Goudstad se paaie. Paramedici van ER24 sê een persoon is beseer na vier botsings plaasgevind het in minder as ʼn half uur. Paramedici was onderweg na ʼn botsing in Meredale toe hulle op nog ʼn botsing afgekom het tussen die Kliprivier- en Xavierweg afritte. Terwyl paramedici ʼn man op die toneel behandel het, het hulle nog ʼn botsing sien plaasvind. Daar was ook ʼn botsing op die hoek van Rifle Range weg en Swartkoppies weg. ER24 het ʼn beroep gedoen op motoriste om versigtig te ry in die weersomstandighede. Intussen is rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal ontplooi om te soek na mense wat in die sneeu vasgekeer is. Talle vragmotors en motors is weens swaar sneeu op die N3 tussen die Tugela-tolhek en Van Reenenspas naby Harrismith vasgekeer. Die pad is gesluit.

Die N3 is vir verkeer gesluit en motoriste word aangeraai om die R103 as alternatiewe roete te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Brrrrr… Lyk my ons is in vir ‘n ding met hierdie koue, veral op die paaie. Dis jammer mense van Pretoria hoor net van die sneeu en moet steeds die slegte koue ontvang (daar is niks wat die koue eers die werd maak) haha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.