Ligte sneeu op Tafelberg

Foto: @TableMountainCa

Die Tafelberg-sweefspoormaatskappy het op sy Twitter-blad gesê dat ligte sneeu op Tafelberg geval het.

Volgens die maatskappy wissel die temperatuur op die berg tussen 1°C en 3°C. Die het aanvanklik vanoggend lig gesneeu vir sowat 10 minute. Dit het egter later weer begin. Die maatskappy sê die kabelkar is oop hoewel dit baie koud is, daar ʼn redelike sterk wind waai en swak sig is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër gwaarsku dat baie koue temperature en ligte sneeu oor dele van die Wes-Kaap kan voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.