Ligte vliegtuig vermis naby Alexandria

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Soektog het Donderdagoggend hervat nadat ʼn eensitplekvliegtuig Woensdag in die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap vermis geraak het, berig AlgoaFM.

Kapt. John Fobian, ʼn polisiewoordvoerder, het aan die uitsaaier gesê drie ligte vliegtuie was saam van Port Alfred onderweg na Mosselbaai toe hulle in bewolkte weer en digte mis ingevlieg het.

Die vliegtuie het glo uit mekaar beweeg om die slegte weerstoestande te vermy.

“Omtrent 20km buite Alexandria het hulle skielik in ʼn groot wolk in gevlieg,” het Fobian gesê. “Twee van die vliegtuie kon daarin slaag om die wolk te vermy deur na ʼn hoër hoogte in die rigting van die see te vlieg. Dié twee vliegtuie het veilig in Port Elizabeth geland. Die derde vliegtuig word steeds vermis. Ons het ʼn helikopter na die gebied gestuur, sowel as grondbemanning en voertuie om na die vliegtuig te soek.”

Bron: AlgoaFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.