Ligte vonnis vir baba Wade se moordenaar-ouers

Marissa Rudman tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Masi Losi, Pretoria News

Die voormalige paartjie wat skuldig bevind is aan die moord op hul twee maande oue babaseuntjie, Wade, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof tot onderskeidelik 10 en 13 jaar gevonnis.

Regter Cynthia Pretorius het Nolan Schoeman (32) tot 13 jaar tronkstraf gevonnis, en sy voormalige meisie, Marissa Rudman (36), tot 10 jaar.

Die regter het bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede ter versagting van hul vonnis was. Pretorius het onder andere gesê Schoeman en Rudman is self erg mishandel as kinders en het ook dwelms misbruik.

Rudman en Schoeman is vroeër skuldig bevind aan die moord op Wade, wat op 7 April 2009 in die Steve Biko-hospitaal aan sy beserings beswyk het. Wade se brein het só erg geswel dat sy skedel begin kraak het. Hy het ook twee gebreekte arms, 22 gebreekte ribbes en groot kneuswonde aan sy kop en lyfie gehad.

Schoeman het reeds twee jaar tronkstraf uitgedien en dit sal van sy tronkstrafvonnis afgetrek word.

Lucy Redivo van die Child Abuse Action Group het Dinsdag in woede reageer oor die ligte vonnis. Sy sê dit stuur die verkeerde boodskap in die publiek in en dat 10 en 13 jaar “maar ʼn piets op die skouer” is vir die pyn waardeer Wade gegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danie Kriel ·

‘n Twee- maande oue baba! Watter kwaad kon so ‘n onskuldige wesentjie hoegenaamd aan twee lummels gedoen het? Hul verweer dat hulle ook as kinders mishandel is, lyk vir my maar na ‘n strooihamel gryp.
Dis nie duidelik of hul verslawing aan dwelms ook as versagting beskou is nie. Waar gaan die land heen?!

Tante Afrikana ·

Ek voel dwelms en of mishandeling van die beskuldigdes moet nie as versagting beskou word nie. Wanneer jy self daardie dinge deurgegaan het as kind, moet jy as grootmens juis nie die mishandeling voortsit nie.. .. my pa is ‘n sprekende voorbeeld …as kind erg mishandel deur sy stiefpa en sy ma is voor hom vermoor deur sy stiefpa, maar ons het ‘n baie lekker kinderlewe en goeie opvoeding gehad, juis omdat hy deur hierdie gruwelike dinge gegaan het. EN hy het nooit berading ontvang nie. Hy is vandag 83 en die beste pa ooit !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.