Ligter straf vir vrou wat man se privaatdele aanrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat van aanranding skuldig bevind is nadat sy haar man se privaatdele aangerand het, se vonnis is Dinsdag in Pretoriase hooggeregshof verminder, het The Star Woensdag berig.

Gladys Chauke (27) was aanvanklik tot twee jaar tronkstraf gevonnis of die opsie gegun om ʼn R3 000 boete te betaal, maar regters Ronel Tolmay en Cynthia Pretorius het dit verminder na drie maande tronkstraf of ʼn boete van R1 000.

Die regters het aangevoer die landdros van Limpopo, wat Chauke aanvanklik gevonnis het, moes ter versagting in ag geneem het dat dit ʼn misdaad van passie was. “Die aanranding self was nie so ernstig van aard nie. Die vonnis daarvoor is egter skokkend,” het Tolmay gesê.

Die landdros het sy vonnis regverdig en gesê Chauke verdien dit omdat sy ʼn “baie delikate, ingewikkelde deel van die menslike anatomie” aangerand het.

Die aanranding het by die man se meisie se huis plaasgevind. Chauke het haarself, haar man en die meisie in ʼn kamer toegesluit. Haar man het haar glo eerste aangerand, waarna Chauke hom aan sy testikels gegryp het, hom oor sy kop met ʼn houtlepel geslaan en gebyt het. Hy het daarna deur ʼn venster gespring en gevlug “met bloed wat uit sy privaatdele gestroom het”. Die man moes steke kry. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.